Lewenswetenskappe:Prakties

Wat is die selsiklus?

▪︎Die selsikklus is die reeks gebeure wat in die sel plaasvind wat aanleiding gee tot DNS replisering en seldeling

Wat is die 2 hoofstadiums in die selsiklus

1. Interface waartydens die sel groei en DNS repliseer2. Mitotiese fase waartydens die sel verdeel en een stel van die DNS oordra aan elk van die twee indentiese dogterselle

Wat is interfase?

▪︎DNS in chromatiennetwerk dupliseer▪︎DNS verdik en word meer sigbaar

Wat is die fases van mitose?

▪︎Profase▪︎Metafase ▪︎Anafase▪︎Telofase▪︎Sitokinese

Wat gebeur tydens Profase

▪︎die nukleusmembraan en nukleolus verdwyn▪︎die sentrosome vorm sentriole(dierselle)▪︎sentriole skei en beweeg na teenoorstaande pole▪︎sentriole vorm die spoeldrade▪︎elke chromosoom is sigbaar as twee chromatiede verbind deur n sentrometer

Wat gebeur tydens Metafase?

▪︎Chromosome rangskik op die ewenaar van die sel▪︎Chromosome is almal by hul sentromere vasgeheg aan die spoeldrade

Wat gebeur tydens Anafase?

▪︎Spoeldrade verkort en trek die chromatiede na die onderskeie teenoorstaande pole

Wat gebeur tydens Telofase?

▪︎Die nukleusmembraan vorm weer random die dogterchromosome wat by die onderskeie pole is▪︎Die dogterchromosome draai op om die chromatien te vorm

Wat is Sitokinese?

▪︎dit is die verdeling van die sitoplasma

Is Sitokinese deel van mitose

▪︎Nee maar dit is die proses waar die sitoplasma verdeel in twee

Wat gebeur hy n diesel in terme van sitokinese

▪︎insnoering van die selmembraan en sitoplasma vind plaas

Wat gebeur by n plantsel in terme van sitokinese

▪︎vorm n selplaat/middellamella wat die sitoplasma in twee verdeel

Wat is daar aan die einde van sitokinese?

▪︎daar is nou twee genetiese identiese dogterselle wat identies aan mekaar en identies aan die ouersel(moedersel of oorspronklike sel) is.

Wat is die verskille in mitose by die diersel?

▪︎mitose vind plaas in die hele liggaam▪︎sentrosome kom voor/spoeldrade word gevorm▪︎sitokinese vind plaas deur insnoering

Wat is die verskille tussen mitose in plantselle

▪︎vind plaas in meristematiese weefsel ▪︎geen sentrosome/spoelvesels vorm NIE▪︎sitokinese geskied deur vorming van n selplaat/middellamella

Wat is die lewensprosse wat mitose kan doen

▪︎groei en ontwikkeling▪︎vervanging van selle▪︎vervang of regenerering van beskadigde plant of dierweefsel▪︎ongeslagtelike voortplanting

Wat is die funksie van mitose in terme van die lewensproses groei en ontwikkeling?

▪︎die aantal selle vermeerder wat organisme in staat stel om van n enkele sel te groei tot n komplekse multisellulêre organisme

Wat is die funksie van mitose in terme van die lewensproses vervanging van selle?

▪︎selle in die liggaam raak verslete of gaan verlore en word voortdurend vervang deur nuwe selle

Wat is die funksie van mitose in terme van die lewensproses vervang of regenerering van beskadigde plant of dierweefsel

▪︎sommige organismes gebruik mitose om liggamsdele te vervang

Wat is die funksie van mitose in terme van die lewensproses ongeslagtelike voortplanting

▪︎mitose produseer genetiese identiese nakomelinge.▪︎die proses staan bekend as afbotting▪︎Mitose geskied ook wanneer gisselle vermeerder

Wat is weefsel

▪︎n groep eenderse selle wat gedifferensieer het om n spesifieke funskie te kan verrig

Watter 4 weefsels bestaan die dierweefsel uit

▪︎senuweeweefsel▪︎spierweefsel▪︎epiteelweefsel▪︎bindweefsel

Waaruit deel die senuweeweefsel op

▪︎sensories▪︎motories

Uit wat deel epiteelweefsel op

▪︎plaveisel▪︎kubies▪︎kolom▪︎gesilieerde

Uut wat deel spierweefsel op

▪︎gestreepte ▪︎gladde▪︎hart

Uit wat deel bindweefsel op

▪︎areolêr▪︎digte▪︎kraakbeen▪︎been▪︎bloed​

Wat doen die epiteelweefsel

▪︎voer ruimtes uit en bedek die oppervlaktes van die liggaam

Wat word die oppervlaktes van die liggaam gewoonlik deur geskei?

▪︎onderliggende weefsel deur n dun lagie bindweefsel, naamlik die basale membraan

Beskryf is struktuur van die plaveiselepiteel

▪︎selle is dun en onreëlmatig▪︎groot afgeplatte nukleusse▪︎selle is diggepak en lyk soos plaveisel op n sypaadjie

Beskryf die ligging van plaveiselepiteel

▪︎veloppervlak▪︎voering van die mond, esofagus, vagina, alveoli, en bloedvate

Wat is die funksie van plaveiselepiteel

▪︎laat stowwe deurbeweeg deur diffusie

Beskryf die struktuur van kubiese epiteel

▪︎selle is vierkantig en blokvormig▪︎ronde nukleus in die middel van die sel

Beskryf die ligging van die kubiese epiteel

▪︎voering van kanale van kliere▪︎voering van nierbuisies

Wat is die funksies van kubiese epiteel

▪︎sekresie ▪︎absorpsie

Beskryf die struktuur van kolomepiteel

▪︎verlengde selle ▪︎ovaalvormige nukleusse by die basis van die sel▪︎bevat bekerselle wat mukus afskei

Beskryf die ligging van die kolomepiteel

▪︎voering van ingewande en galblaas

Wat is die funskie van kolomepiteel

▪︎absorpsie▪︎sekresie van mukus en ensieme

Beskryf die struktuur van gesilieërde kolomepiteel

▪︎kolomepiteel wat silia bevat op die vrykant van die sel▪︎bevat bekerselle wat mukus afskei

Beskryf die ligging van gesilieërde kolomepiteel

▪︎voering van tragea en urienbuis en vroulike voortplantingstelsel

Wat is die funksie van gesilieërde kolomepiteel

▪︎silia in die fallopiese buise help om die eiersel na die uterus te laat beweeg ▪︎stofdeeltjies word vasgevang in die mukus en uitgewerp deur die longe

Noem die tipes epiteelweefsel

▪︎plaveiselepiteel▪︎kubiese epiteel▪︎kolomepiteel▪︎gesilieërde kolomepiteel

Noem die tipes bindweefsel

▪︎areolêre bindweefsel▪︎digte bindweefsel▪︎kraakbeen▪︎been▪︎bloed

Beskryf die ligging van die Areolêre bindweefsel

▪︎n lagie onder die vel wat die vel losweg verbind aan die onderliggende spiere▪︎verpakkingsweefsel tussen organe, bloedvate, senuwees en spiere

Wat is die funksie van die Areolêre bindweefsel

▪︎voorkom hitteverlies deur as isolerende materiaal op te tree▪︎beskerm organe

Beskryf die ligging van digte bindweefsel

▪︎tendons heg spier aan been▪︎ligament heg been aan been

Beskryf die ligging van kraakbeen

▪︎kom voor tussen bene ▪︎voer gewrigte uit▪︎C-vormige ringe in tragea▪︎Pinna en neuspunt

Wat is die funksie van die kraakbeen

▪︎verbind bene saam▪︎voorkom dislokasie of ontwrigting ▪︎hou buise oop

Beskryf die ligging van die been

▪︎bene van die endoskelet van vertebrate

Wat is die funksie van been

▪︎gee vorm en stewigheid aan die liggaam▪︎beskerm die brein, rugstring , hart en longe▪︎spiervashegting maak beweging van bene moontlik▪︎bloedselle word gemaak in beenmurg

Beskryf die ligging van bloed

▪︎sirkuleer in bloedvate

Wat is die primere funksies van die wortel

▪︎die plant te anker in die grond▪︎water en minerale soute vanaf die grond te absorbeer

Wat is die primere funksies van die stingel

▪︎water en minerale soute vanaf die wortel na die blaar te vervoer▪︎vervoer organiese stowwe vanaf die blaar na die res van die plant

Wat is die funksie van bloed

▪︎rooibloedliggaampies get nie n nukleus nie en is ronde bikonkawe skyfies bevat hemoglobien▪︎witbloedselle het een of meer nukleusse en maak teenliggaampies wat infeasible beveg▪︎bloedplaatjies is fragmente van rooibloedselle wat help met bloedstolling▪︎plasma is die vloeistof-gedeelte van bloed wat stowwe vervoer deur die liggaam

Noem die tipes spierweefsel

▪︎skeletspier▪︎gladde spiere▪︎hartspierweefsel

Beskryf die struktuur van die skeletspier

▪︎bestaan uit groot aantal spiervesels met gestreepte voorkoms daarom ook bekend as gestreepte spierweefsel▪︎spiervesels bestaan uit miofibrille en elkeen bevat meer as een nukleus

Beskryf die ligging van die skeletspier

▪︎vasgeheg aan been en spier

Wat is die funksie van die skeletspier

▪︎willekeurige beweging van die arms en bene om te kan loop

Beskryf die gladde spier se struktuur

▪︎dun spilvormige spiervesels ▪︎elke een bevat n nukleus

Beskryf die ligging van die gladde spiere

▪︎wande van die spysverteringskanaal, blaas, bloedvate

Wat is die funksie van gladde spier

▪︎onwillekeurige beweging soos sametrekking en ontspanning

Beskryf die struktuur van die hartspierweefsel

▪︎netwerk van vertakte spiervesels wat n ligte gestreepte voorkoms het▪︎elke spiervesel bevat n nukleus

Beskryf die ligging van die hartspierweefsel

▪︎wande van die hart

Wat is die funksie van die hartspierweefsel

▪︎koördineer die onwillekeurige sametrekking en ontspanning van die hart

Noem die 2 tipes senuweeweefsels

▪︎sensoriese neuron▪︎motoriese neuron

Wat is die funksie van die sensoriese neuron

▪︎oordrag van senuwee impulse vanaf die reseptore na die sentrale senuweestelsel

Wat is die funksie van die motoriese neuron

▪︎oordrag van senuwee impulse vanaf die sentrale senuweestelsel aan die effektore

Wat is die twee tipes plantweefsel

▪︎meristematiese weefsel▪︎permanente weefsel

Wat is meristematiese weefsel

▪︎aktiewe verdelende weefsel

Wat is permanente weefsel

▪︎gedifferensiëerde weefsel met n spesifieke funksie

Watter tipes permanente weefsel kry n mens

▪︎epidermis▪︎parenchiem▪︎kollenchiem▪︎Sklerenchiem▪︎Xileem▪︎Floëem

Watter tipes meristematiese weefsel kry n mens

▪︎apikale meristeem▪︎laterale meristeem

Wat is apikale meristeem

▪︎lengte

Wat is laterale meristeem

▪︎dikte

Waar kom die apikale meristeem voor

▪︎by die groeipunte van die eindpunte by wortels en stingels

Wat veroorsaak die apikale meristeem

▪︎n toename in die lengte van hierdie strukture

Wat staan die laterale meristeem ook as bekend

▪︎kambium

Wat doen die kurkambium

▪︎verdeel om die kurkselle te produseer wat die buitebas van n houtagtige plant vorm

Hoekom verdeel Vaatkambium

▪︎om meer xileem en floeëm te produseer

Wat veroorsaak die laterale meristeem

▪︎groei in die breedte of dikte van stingels en wortels

Waaruit bestaan die epidermale weefsel

▪︎enkellaag van selle

Beskryf die struktuur van die epidermale weefsel

▪︎selle is dunwandig en baksteenvormig

Wat is die twee tipes gespesialiseerde epidermale selle

▪︎die epidermis van blare en stingels het n gespesialiseerde epidermale sel genaamd sluitselle▪︎die epidermis van n wortel het n gespesialiseerde sel genaamd die wortelhaar

Wat omring die sluitselle

▪︎n opening genaamd die stomata

Beskryf die ligging van die parenchiem weefsel

▪︎teenwoordig in wortels en stingels ▪︎gevind tussen al die ander weefsel in die organe

Beskryf die voorkoms van die parenchiem weefsel

▪︎opgebou uit dunwandige, onreelmatige selle▪︎onreelmatige vorm is veratwoordelik vir baie intersellulere lugruimtes tussen die dele▪︎staan as chlorenchiem bekend wanneer hul chloroplaste bevat

Wat is die funksie van die parenchiem weefsel

▪︎dien as pakkingsweefsel ▪︎dien as n stoor orgaan, wanneer kos in die vorm van stysel en ander suikers gestoor word▪︎lugruimtes tussen die selle is verantwoordelik vir die beweging van water en gasse

Beskryf die ligging van die kollenchiem weefsel

▪︎teenwoordig in stingels en blare

Beskryd die voorkoms van die kollenchiem weefsel

▪︎weefsel is opgebou uit dikwandige, diggepakte selle

Wat is die funksie van die kollenchiem weefsel

▪︎verskaf versterking en ondersteuning aan die lugdele van n plant▪︎diggepakte selle maak dit sterk om ondersteuning en versterking te verskaf▪︎dik selwande wat ook versterking en ondersteuning verskaf

Wat is die 2 tipes sklerenchiem selle

▪︎vesels ▪︎steunselle

Beskryf die ligging van die sklerenchiem weefsel

▪︎aangetref in wortels, stingels, blare, blomme en vrugte van plante ▪︎steunselle word ook aangetref in die vlees van sekere vrugte, byvoorbeeld pere en die dop van neute

Beskryf die voorkoms van die sklerenchiem weefsel

▪︎bestaan uit dikwandige selle▪︎selwande is verdik met lignien▪︎diggepakte selle▪︎selle is dood, geen selinhoud

Wat is die funksie van die sklerenchiem weefsel

▪︎bied versterking en ondersteuning aan die plant▪︎selwande verdik met lignien en maak dit moontlik om versterking en ondersteuning aan die plant organ te verskaf

Beskryf die ligging van xileem

▪︎weefsel word aangetref in die wortels, stingels en blare

Wat is die 2 verskillende tipes selle wat die xileem weefsel opmaak

▪︎xileemvate▪︎xileem trageïede

Beskryf die voorkoms van xileem

▪︎die vate is sillindries ▪︎hul het selwande wat verdik is deur lignien▪︎die dwarswande is heeltamal afwesig of geperforeer met ander woorde het, het klein porieë▪︎selle is dood met geen selinhoud ▪︎vate le kop aan kop wat aaneenlopende buis vorm▪︎trageïede is verlengde selle wat oorvleuel▪︎hul selwande is ook verdik met lignien

Wat is die funksie van xileem

▪︎xileemvate en trageïede vervoer water en minerale soute vanaf die wortels na die stingels van plante▪︎verskaf ook versterking en ondersteuning ▪︎xileemvate is dood en leeg sodat water maklik daardeur vervoer kan word▪︎dwarswande is afwesig of geperforeer sodat water maklik daardeur vervoer kan deurbeweeg▪︎vate is rond in dwarssnee om vervorming te voorkom as water deur beweeg▪︎vate vorm aaneenlopende buise omrede hul dooie selle met geen selinhoud of dwarswande het nie

Beskryf die ligging van Floeëm

▪︎aangetref in wortels, stingels en blare

Watter 2 verskillende tipes selle bestaan floeëm uit

▪︎sifvate▪︎begeleidende selle

Beskryf die voorkoms van floeëm in terme van sifvate

▪︎verlengde selle▪︎dunwandig en overwinter selwande▪︎dwarswande is geperforeer ▪︎lewende selle met selinhoud▪︎die sitoplasma kom voor in stringe▪︎sifvate het geen selkerne nie

Beskryf die voorkoms van floeëm in terme van begeleidende selle

▪︎die selle is vasgeheg aan die sifvate ▪︎selkerne teenwoordig▪︎beheer die funksie van die sifvate

Wat is die funksie van floeëm

▪︎vervoer geproduseerde voedsel vanaf die blare na alle dele van die plant